Dagse
Vriende
Ek
het n nuwe uitdaging en wil dit gaan met jul deel. Ek
wil jul graag vertel van Qumi Huis. Qumi Huis is gelee
in Rayton. Die huis bestaan uit 43 kinders. Hier word
persone wat vir een of of ander rede nie by hulle ouerhuise
of familie kan woon, n tuiste gegee. Qumi is nie
n inrigting nie, maar n huis, n plek
waar die persoon soos n normale mens kan woon en
funksioneer. Alhoewel daar toesighoudende personeel aan
diens is is die inwoners self vir die bydryf van die huis
verantwoordelik. Hulle gaan ook gedurende die dag na n
werkswinkel waar hul vaardighede aan leer.
Soos
jul weet was daar n program van cullinan sorg op tv, wat
gewys was op Carte Blanche. Die van jul wat dit nie gesien
het nie dit was nie n mooi gesig om te sien hoe kinders
aangerand, of in hokke in bome gesit is nie, en vele meer.
Dit was skokkend, ek dink as iemand in jou sorg is moet
hul eerstens veilig voel, en jy moet probeer om die beste
vir hom/haar te gee. Ek doen n beroep op jul om ons te
ondersteun en te help waar jul kan, help ons om hierdie
mense se lewe te verander en hul te probeer genees van
die stampe en stoote wat die lewe hul gegee het. Hul het
dit nie breed gehad nie , net ek en jy kan help om n verskil
in hierdie mense se lewens te maak.
Ons
benodig verskeie dinge
Finansiele
hulp om die huise se huur, krag en water te betaal. Enige
bydrae hoe klein ookal sal help.
Kos
soos groente, vrugte en blikkies kos. Al ken jy iemand
by n winkelsentrum wat ons kan help met kos waarvan die
vervaldatum alreeds verval sal ons dit baie waardeer.
Help ons asb om ons kos rekening laag te hou.
Ons
soek ook iemand wat ons kan borg met n internet sodat
ons meer emails kan uitstuur, indien jy weet van so n
persoon wat ons kan borg sal ek dit so waardeer. Met meer
emails kan ek meer sake onderneming bereik.
Enige
ander artikels sal ons waardeer.
Indien
jy enige navrae het of meer wil weet van Qumi huis, skakel
of email my asb. My kontak besondere is 082 927 0540.
Kom ons staan saam en help om hierdie mense wat God aan
ons wereld toe vertrou het net die beste te gee. Mag jy
n wonderlike dag he.
Anton-Marius
Venter
Bestuurder
Qumi Huis
082
927 0540